Kokanje bied ‘n hele reeks fasiliteite om in elkeen se sport- en sosiale behoeftes te voorsien. Die indrukwekkende Sportsentrum maak voorsiening vir pluimbal, gimtrim, snoeker, tafeltennis, kunsklasse, naaldwerkklasse en nog meer asook ‘n puik gholfbaan wat net 3km van Kokanje geleë is.
‘n Ten volle toegeruste grasdaklapa is te huur aan inwoners vir privaatfunksies en ‘n geleentheidskroeg is aan die inwoners tydens die middagetensuur beskikbaar.
Kokanje beskik ook oor sy eie rolbal-, jukskei-, en tennisbane asook ‘n swembad wat daar is vir die inwoners se gerief.
Indien die gesondheid van ‘n inwoner gedurende sy verblyf in Kokanje sodanig verswak dat hy nie meer self na sy behoeftes kan omsien nie en die verswakking permanent van aard is, word die persoon na die Eenheid vir Verswakte Inwoners in die Dienssentrum oorgeplaas en met deernis versorg. Dit sluit in persoonlike en wondversorging. Mediese versorging geskied slegs op voorskrif van ‘n dokter. Die oorplasings is onderworpe aan streng mediese keuring en beskikbaarheid van beddens. Addisionele maaltye en mediese onkoste is vir die okkupeerder se eie rekening.
Ondersteuningsdienste word tans voorsien in gevalle waar inwoners ná ‘n siekte of operasie aansterk. Dit sluit in bedwas, bad, stort, wondversorging en ander mediese behandeling slegs op voorskrif van ‘n dokter. Geen voltydse versorging/verpleging word deur Kokanje aan inwoners by wooneenhede verskaf nie. Inwoners moet self en op eie koste vir voltydse versorging/verpleging by wooneenhede voorsiening maak.
Floris Schoeman
Date
Kokanje is ’n lieflike aftreeoord naby die dorp Modimolle in die Limpopo-provinsie. Die natuurlike bome is behou en daar is volop voëllewe en klein diertjies. Die mense is gelukkig en ontspanne. Daar is ’n eenheid vir verswakte inwoners.
Marius Wentzel
Date
Ken die plek al vir die afgelope 23 jaar. Vreedsaam, pragtig en ontspanne. Die mense is vriendelik en gee baie om vir mekaar.
Mike Hendricks
Date
Het vriende besoek wat daar woon. Baie netjiese en goedversorgde terrein. Sekuriteit op die perseel en op patrollie. Sommige wilde diere woon op die eiendom.
Eenhede vanaf 2 Slaapkamers en 1 badkamer tot eenhede met 3 slaapkamer en 2 Badkamers.
‘n Okkupasiereg word aan die okkupeerder en mede-okkupeerder verkoop en ‘n skriftelike kontrak word tussen die koper(s) en Kokanje Aftreeoord aangegaan. Die verkryging van okkupasiereg beteken dat die okkupeerder en mede-okkupeerder lewenslange inwoningsreg verkry van ‘n spesifieke wooneenheid teen die betaling van ‘n gespesifiseerde bedrag (na gelang van die tipe woonheid wat verlang word) aan Kokanje Aftreeoord. Geen oordragkoste of registrasiekoste is betaalbaar nie. Gedurende die inwoning word die okkupeerder en mede-okkupeerder ook verseker van maatskaplike en sosiale versorging.