GERIEWE EN VERSORGING

OORDGERIEWE

Kokanje bied ‘n hele reeks fasiliteite om in elkeen se sport- en sosiale behoeftes te voorsien.  Die indrukwekkende Sportsentrum maak voorsiening vir pluimbal, gimtrim, snoeker, tafeltennis, kunsklasse, naaldwerkklasse en nog meer asook ‘n puik gholfbaan wat net 3km van Kokanje geleë is.

‘n Ten volle toegeruste grasdaklapa is te huur aan inwoners vir privaatfunksies en ‘n geleentheidskroeg is aan die inwoners tydens die middagetensuur beskikbaar.

Kokanje beskik ook oor sy eie rolbal-, jukskei-, en tennisbane asook ‘n swembad wat daar is vir die inwoners se gerief.

KOKANJE SE EENHEID VIR VERSWAKTE INWONERS (VERSORGINGSEENHEID)

Indien die gesondheid van ‘n inwoner gedurende sy verblyf in Kokanje sodanig verswak dat hy nie meer self na sy behoeftes kan omsien nie en die verswakking permanent van aard is, word die persoon na die Eenheid vir Verswakte Inwoners in die Dienssentrum oorgeplaas en met deernis versorg.  Dit sluit in persoonlike en wondversorging.  Mediese versorging geskied slegs op voorskrif van ‘n dokter. Die oorplasings is onderworpe aan streng mediese keuring en beskikbaarheid van beddens.  Addisionele maaltye en mediese onkoste is vir die okkupeerder se eie rekening.

Tuisversorging word tans voorsien in gevalle waar inwoners ná ‘n siekte of operasie aansterk. Dit sluit in bedwas, bad, stort, wondversorging en ander mediese behandeling slegs op voorskrif van ‘n dokter. Geen voltydse verpleging word deur Kokanje aan inwoners by wooneenhede verskaf nie. Inwoners moet self en op eie koste vir voltydse verpleging by wooneenhede voorsiening maak.

Kokanje - All Rights Reserved © 2023