KOKANJE AFTREEOORD

GERIEWE & VERSORGING

KOKANJE AFTREEOORD

OORDGERIEWE

Kokanje bied ‘n hele reeks fasiliteite om in elkeen se sport- en sosiale behoeftes te voorsien. Die indrukwekkende Sportsentrum maak voorsiening vir pluimbal, gimtrim, snoeker, tafeltennis, kunsklasse, naaldwerkklasse en nog meer asook ‘n puik gholfbaan wat net 3km van Kokanje geleë is.

‘n Ten volle toegeruste grasdaklapa is te huur aan inwoners vir privaatfunksies en ‘n geleentheidskroeg is aan die inwoners tydens die middagetensuur beskikbaar.

Kokanje beskik ook oor sy eie rolbal-, jukskei-, en tennisbane asook ‘n swembad wat daar is vir die inwoners se gerief.

VERSORGINGSEENHEID

EENHEID VIR VERSWAKTE INWONERS

Indien die gesondheid van ‘n inwoner gedurende sy verblyf in Kokanje sodanig verswak dat hy nie meer self na sy behoeftes kan omsien nie en die verswakking permanent van aard is, word die persoon na die Eenheid vir Verswakte Inwoners in die Dienssentrum oorgeplaas en met deernis versorg. Dit sluit in persoonlike en wondversorging. Mediese versorging geskied slegs op voorskrif van ‘n dokter. Die oorplasings is onderworpe aan streng mediese keuring en beskikbaarheid van beddens. Addisionele maaltye en mediese onkoste is vir die okkupeerder se eie rekening.

Ondersteuningsdienste word tans voorsien in gevalle waar inwoners ná ‘n siekte of operasie aansterk. Dit sluit in bedwas, bad, stort, wondversorging en ander mediese behandeling slegs op voorskrif van ‘n dokter. Geen voltydse versorging/verpleging word deur Kokanje aan inwoners by wooneenhede verskaf nie. Inwoners moet self en op eie koste vir voltydse versorging/verpleging by wooneenhede voorsiening maak.

Kontakbesonderhede

As jy enige vrae het of hulp nodig het, kontak gerus ons span.

014 715 2030 / 1 / 2 / 3

Kokanje - All Rights Reserved © 2025

Website designed in collaboration with Pearce Media and Fletch