KOKANJE AFTREEOORD

LEWENSREG EN BEHUISING

KOKANJE AFTREEOORD

LEWENSLANGE OKKUPASIEREG

Die grond is nie in erwe verdeel nie, dus kan individuele titelaktes nie aan kopers voorsien word nie. ’n Okkupasiereg word aan die okkupeerder en mede-okkupeerder verkoop, en ’n skriftelike kontrak word tussen die koper(s) en Kokanje Aftreeoord aangegaan. Die verkryging van okkupasiereg beteken dat die okkupeerder en mede-okkupeerder lewenslange inwoningsreg verkry van ’n spesifieke wooneenheid teen die betaling van ’n gespesifiseerde bedrag (na gelang van die tipe wooneenheid wat verlang word) aan Kokanje Aftreeoord. Geen oordragkoste of registrasiekoste is betaalbaar nie. Gedurende die inwoning word die okkupeerder en mede-okkupeerder ook verseker van maatskaplike en sosiale versorging.

By Kokanje spesifiek is daar geen geboueversekering, geen onderhoudskoste, geen belasting, geen oordragkoste of hereregte nie, en die aankoop behou ’n boedelwaarde.

Geriewe en

versorging

Beskikbare

eenhede

Lewensreg en behuising

aansoekvorm

KOKANJE AFTREEOORD

AANKOOP VAN LEWENSLANGE OKKUPASIEREG

Die prys wat aan die okkupasiereg van ‘n bepaalde wooneenheid gekoppel word, verskil van dié van ander wooneenhede en is markverwant. Wanneer ‘n wooneenheid beskikbaar word, word die eenheid opnuut gewaardeer om ‘n prys vir die okkupasiereg vas te stel. Die bedrag wat betaal word, vorm ‘n boedelwaarde wanneer die inwoner of, in die geval van ‘n egpaar, die langslewende te sterwe kom of wanneer die houers van die okkupasiereg Kokanje verlaat.

Wanneer die inwoner of, in die geval van ‘n egpaar, die langslewende te sterwe kom of wanneer die houers van die okkupasiereg Kokanje verlaat, eindig die okkupasiereg ten opsigte van die betrokke wooneenheid en val dit terug na Kokanje Aftreeoord. Die boedel is dan geregtig op ‘n bedrag gelykstaande aan die oorspronklike prys van die okkupasiereg minus ‘n vermindering van hoogstens 30%. 15% met datum van okkupasie van die woning, en die oorblywende 15% oor ‘n tydperk van 10 jaar.

Water en elektrisiteit word nie by die heffing ingesluit nie, dit word afsonderlik bereken aangesien elke woning ‘n afsonderlike meter het.

KOKANJE AFTREEOORD

WOOneenhede

Daar is tans 595 wooneenhede in Kokanje. Die eenhede is so beplan dat inwoners dit moeitevry kan bewoon. Dit wissel van een-, twee-, en drieslaapkamer eenhede, kombuis en ‘n ruim badkamer met ‘n bad/stort, toilet en handwasbakke. Sommige eenhede beskik oor twee badkamers. Elke eenheid het ook ‘n ruim sit- en eetkamer waar familie en vriende kan saamkuier.

Die wooneenhede is van siersteen en dus grootliks instandhoudingsvry. ‘n Toesluitmotorhuis naby die wooneenheid is ingesluit en die okkupasiereg op woonwa-afdakke en staanplekke kan, indien beskikbaar, addisioneel bekom word.

Die Bestuurskomitee is verantwoordelik vir die versekering van die woning. Indien die okkupeerder die inhoud van die woning wil verseker, kan dit op eie koste gedoen word.  Die totale instandhouding van die wooneenheid en terrein word deur Kokanje onderneem. Inwoners is daarop geregtig om die grond in die omgewing van die wooneenhede, in oorleg met die Oord se bestuur, te onderhou.

Daar is 11 verskillende vloerplanne waarvan elk se vloeroppervlak verskil.

WOONEENHEID

TIPE A:

2 Slaapkamers

1 Badkamer met stort

Kombuis eet- woonkamer

Meerdoelkamer

Wasgoedwerf (onderdak)

Voorstoep en 1 Motorhuis

Oppervlak: Woonarea: ± 92.7m²Stoepe: ±20m²Motorhuis: 18m²


WOONEENHEID

TIPE B:

1 Slaapkamer

1 Badkamer met stort

Kombuis eet- woonkamer

Meerdoelkamer

Wasgoedwerf (onderdak)

Voorstoep en 1 Motorhuis

Oppervlak: Woonarea: ± 78.55m²Stoepe: ± 20m²Motorhuis: 18m²


WOONEENHEID

TIPE c:

2 Slaapkamers

1 Badkamer met stort

Kombuis eet- woonkamer

Meerdoelkamer

Wasgoedwerf (onderdak)

Voorstoep en 1 Motorhuis

Oppervlak: Woonarea: ± 116.4m²Stoepe: ± 20m²Motorhuis: 18m²


WOONEENHEID

TIPE D:

2 Slaapkamers

2 Badkamers (een met bad, een met stort)

Kombuis eet- woonkamer

Meerdoelkamer

Wasgoedwerf (onderdak)

Voorstoep en 1 Motorhuis

Oppervlak: Woonarea: ± 126.7m²Stoepe: ± 20m²Motorhuis: 18m²


WOONEENHEID

TIPE F:

2 Slaapkamers

2 Badkamers (een met bad, een met stort)

Kombuis eet- woonkamer

Meerdoelkamer

Wasgoedwerf (onderdak)

Voorstoep en 1 Motorhuis

Oppervlak: Woonarea: ± 124.36m²Stoepe: ± 20m²Motorhuis: 18m²


WOONEENHEID

TIPE G:

2 Slaapkamers

2 Badkamers (een met bad, een met stort)

Kombuis eet- woonkamer

Meerdoelkamer

Wasgoedwerf (onderdak)

Voorstoep en 1 Motorhuis

Oppervlak: Woonarea:± 124.13m²Stoepe: ± 20m²Motorhuis: 18m²


WOONEENHEID

TIPE H/J:

2 Slaapkamers

2 Badkamers (een met bad, een met stort)

Kombuis eet- woonkamer

Meerdoelkamer

Wasgoedwerf (onderdak)

Voorstoep en 1 Motorhuis

Oppervlak: Woonarea: ±123.8m²Voorstoep: ± 20m²Motorhuis: 18m²


WOONEENHEID

TIPE I:

3 Slaapkamers

2 Badkamers (een met bad, een met stort)

Kombuis eet- woonkamer

Meerdoelkamer

Wasgoedwerf (onderdak)

Voorstoep en 1 Motorhuis

Oppervlak: Woonarea: ± 141.04m²Voorstoep: ± 20m²Motorhuis: 18m²


WOONEENHEID

TIPE K:

3 Slaapkamers

2 Badkamers (een met bad, een met stort)

Kombuis eet- woonkamer

Meerdoelkamer

Wasgoedwerf (onderdak)

Voorstoep en 1 Motorhuis

Oppervlak: Woonarea: ±


WOONEENHEID

TIPE L:

3 Slaapkamers

2 Badkamers (een met bad, een met stort)

Kombuis met opwaskamer, eet- woonkamer

Meerdoelkamer

Wasgoedwerf (onderdak)

Voorstoep en 1 Motorhuis

Oppervlak: Woonarea: ± 148.75m² Stoepe: ±20m² Motorhuis: 18m²


WOONEENHEID

TIPE M:

3 Slaapkamers

2 Badkamers (een met bad, een met stort)

Kombuis met opwaskamer, eet- woonkamer

Meerdoelkamer

Wasgoedwerf (onderdak)

Voorstoep en 1 Motorhuis

Oppervlak: Woonarea: ± 148.76m² Voorstoep: ± 20m² Motorhuis: 18m²

KOKANJE AFTREEOORD

Toer 'n eenheid

Kontakbesonderhede

As jy enige vrae het of hulp nodig het, kontak gerus ons span.

014 715 2030 / 1 / 2 / 3

Kokanje - All Rights Reserved © 2025

Website designed in collaboration with Pearce Media and Fletch